By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
LANDELIKE FLAIR • Hierdie moderne huis in die Banhoekvallei in die hart van die Kaapse Wynland is ’n toonvenster vir die merkwaardige kreatiwiteit van die eienaars en hul liefde vir kleur, spitsvondige versamelgoed en die buitelewe.
SPEEL-SPEEL • LAAT JOU INNERLIKE KIND JOU LEI OM HIERDIE SPEELSE HANDWERKPROJEKTE AAN TE PAK EN JOU HUIS VROLIK IN TE KLEUR.
DIT 'JEL' NET! • Probeer prettige jeldrukwerk – dit sal vir seker kleur en vrolikheid in jou huis bring.
KOS PRET • Vat dié vakansie ’n blaaskans, verbreek die reëls en laat die kinders ’n slag met hulle kos speel! Soek deur jou bakbenodigdhede, spenskas en groentelaai vir eenvoudige en goedkoop maniere waarmee jy klein handjies besig kan hou.
Blokraaie vir kopkrap en uitwerk
VAKANSIE-FEES! • Of julle nou kaart speel, ’n ontspanne middagete geniet, fliek kyk of ’n skemerkelkie klink, ons het die perfekte maklike resepte vir jou.
SKEMERKELKGIDS KLASSIEKE DRANKIES • Voer jou vakansie-onthale tot prettige nuwe hoogtes deur jou gaste met ’n tuisgemaakte mengeldrankie te verras – daar is voorwaar iets vir elke smaak. Hier is ’n nuttige gids om jou eie skemerkelkies te maak en ’n paar resepte vir klassieke mengeldrankies.
HEELTYD SPEELTYD • Wat kan dan nou lekkerder wees as om jou eie bordspeletjies te maak wat almal die vakansie saam kan speel? Hier is drie speletjies vol nostalgie.
Blokraaie vir kopkrap en uitwerk
VAKANSIE-MOOI • Kikker jou vakansiehuis op met ’n paar stukke oorskietlap en hierdie maklike naaldwerkprojekte.
STRAND TOE • Hierdie strandsak is ’n lekker vinnige projek wat jy kan doen terwyl jy met vakansie is en dan is jy sommer reg vir die luilekker dae op die strand.
FRAAI BOEKET • Wie sou ooit kon raai jy kan so ’n oulike sakkie maak met oorskietbreidraad en eenvoudige deursteekwerk? Dis boonop terapeuties en perfek as ’n geskenk vir iemand wat jy liefhet.
GOUE LAP SE MOOI • Dekades nadat die goue fluweelgordyne van ’n skoolsaal ‘gered’ is, het die lap steeds ’n storie om te vertel – van unieke styl en die luukse van herwin, herstel en verstel. En dis iets wat top-modeontwerpers ook begin verstaan.
BREI SÁÁM • Die gesondheidsvoordele van brei is welbekend, en die vreugde en vrede soveel meer as jy dit saam met ander mense kan doen, skryf Elsa Krüger.
REK JOU DAG • Die uur voor en ná sonsopkoms is kosbaar, so glo vroegopstaners. As jy aan hierdie ‘vyfuurklub’ behoort, maak jy soggens tyd om aandag aan jou liggaam, gees en doelwitte te gee. Dit is ook ’n tyd van goue oomblikke, skryf Martie Swanepoel.
Blokraaie vir kopkrap en uitwerk
OP JOU LEESLYS
JUL IDEAS • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto’s is welkom.
BLOKRAAI-ANTWOORDE • KYK HOE NABY JY AAN VOLPUNTE GEKOM HET.