By Idees gaan alles daaroor om jou wêreld mooi te MAAK. Met hope kreatiewe inspirasie, vars idees, maklike projekte en stap-vir-stap-aanwysings is hierdie die moet-hê-gids vir handwerkers, naaldwerkers, makers, kokke en selfdoen-huismooimakers.
VAN DIE REDAKTEUR
Idees
HERFSHUIS • Met die verandering van seisoene is dit ’n goeie tyd om reg te maak vir die koue, ‘luier’ maande wat voorlê. Maak jou huis warmer deur oral tikkies hout in te bring, nie net om die kaggel nie.
HOEKIE VIR EET • Waar kom mense geselliger bymekaar as om ’n tafel? Sorg dus dat jou eet-en-kuierplek jou mense behoorlik nooi om te kom aansit.
PRENT JIE-PERFEKSIE • DANKSY NUWE TEGNOLOGIE EN TEGNIEKE KAN JY NOU ENIGE PRENT OF FOTO OP LAP LAAT DRUK EN DEEL MAAK VAN JOU DEKOR.
BOTTEL DIE SEISOEN SE BESTE • VUL JOU YSKAS EN SPENS MET SEISOENALE INMAAKGOED EN GEBRUIK DIT IN DIE WINTER OM GEUR TE GEE AAN JOU ETES.
MAAK JOU EIE RICOTTA • Dit is ongelooflik maklik om jou eie lekker ricottakaas te maak. Ons wys jou hoe.
DROOG MAAR LEKKER • Maak dié maklike rakke om vars kruie uit jou tuin te droog. Al wat jy nodig het, is ’n bietjie ekstra ruimte in jou kombuis en ’n droë, donker area met goeie ventilasie wat geen direkte sonlig kry nie.
SPOG-SPENS • Ons het die winkels, ons spens en naaldwerkkamer gefynkam vir dié maklike idees vir etikette en dekselbedekkings waarmee jy jou ingemaakte produkte kan opkikker.
SPENS-KOORS • Ons skarrel soos eekhorings en dra voorraad aan na ons spense. Soos die miere berg ons kos op vir skaars tye … want dit laat ons in beheer en veilig voel, skryf Martie Swanepoel.
HOP-HOP HASIES • Dek die lieflikste Paasfees-partytjietafel vir al die woelige klein hasies in jou lewe.
BAK ’N PAASBROOD • Min dinge laat ’n mens so dadelik aan Paasfees dink soos Paasbolletjies. Probeer dié alternatiewe weergawe vol soet, vrugtige lemoengeure.
STEEK VIR STEEK • Of jy nou ’n duvetoortreksel, kwilt of oorgooideken wil maak, is hierdie projek ’n wonderlike manier om oorskietmateriaal te gebruik en ’n persoonlike stempel op jou dekor af te druk. Laat jou kreatiwiteit jou lei en geniet dit om iets unieks te skep!
BLOKKIE VIR BLOKKIE • Hierdie kniekombersie is ideaal vir die koeler herfsaande en net reg om sommer by jou bank te hou. Of hekel nog ’n paar blokke aan vir ’n pronkstuk vir jou bed.
BLOMMESERP • Hierdie serp in oorspankleurwerk word in die rondte gebrei. Die agterkant van die werk word binne-in die buis versteek en die dubbellaag is knus om te dra.
KWILT-STORIES • Kwilt-, laslap- en hekelkomberse praat mos met ’n mens. Maar jy moet jou oor teen die knusheid hou om die fluisteringe van die stories te hoor. Party gaan oor liefde en geluk, ander is vol wraakplanne en komplotte, maar die meeste het ’n nostalgie van ‘komvandaan’ in die borduursels, patrone, blokke, kleure en teksture, skryf Martie Swanepoel.
KNOOP EN KLEUR • Ontdek die kuns om natuurlike materiale soos katoen, linne, wol en tou in patrone te kleur.
LEEF LIGTER • In ’n oorbelaaide 21ste eeu streef al hoe meer mense daarna om sagter op moederaarde te loop, om meer gestroop te leef. Dit beteken egter nie ’n steriele lewe nie.
OP JOU LEESLYS
JUL IDEES • Ons hoor graag van jou! Vertel vir ons meer oor jouself, wat jou inspireer en waarmee jy alles besig is. E-posse en foto’s is welkom.